Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê dit wil voorkom of die Valke met ’n heksejag teen die minister van Finansies, Pravin Gordhan, besig is en alles in hul vermoë doen om hom te verhoed om sy werk te doen.
Woordvoerder Henk Maree sê in ‘n verklaring die Valke se optrede het ’n nadelige invloed op SuidAfrika se beeld en die ekonomie,
Maree sê dit hou ook ernstige implikasies in vir toekomstige reg en geregtigheid in die land.
Hy sê AfriForum is van mening dat die aanklagte teen Gordhan ongegrond is.
The post DIT IS ‘n HEKSEJAG TEEN GORDHAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.