![](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Wittes-het-gewerk-en-betaal-vir-grond-Pieter-Groenewald-VF-Jacob-Zuma-grondonteiening-150x150.jpg)
Regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond. Hulle gaan nie daaroor jammer sê nie.
So het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê tydens ‘n mosie Dinsdag in die parlemen top die wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor grondonteiening.
Sy reaksie volg ook op Pres. Jacob Zuma sê belofte verlede week dat 2017 die jaar is waarin “land gevat sal word na die mense”, bedoelende swart mense, en die ANC regering sal wetgewing verander om die grondonteiening sonder vergoeding toe te laat. Zuma het die belofte gemaak by Operasie Phakisa in Pretoria wat handel oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in Pretoria.
Groenewald sê wanneer die ANC-regering praat oor grond en grondonteiening sonder vergoeding, verwys dit nie net na boere en landbougrond nie, dit raak elke eienaar van grond in Suid-Afrika, van ‘n plaas tot ‘n huis in ‘n stad of ‘n dorp.
Hy sê dit is belangrik dat alle grondeienaars besef dat elkeen se eiendom ter sprake is wanneer van onteiening sonder vergoeding gepraat word, maar dat dit nie sonder meer sal kan gebeur in Suid-Afrika wat ‘n grondwetlike demokrasie is nie.
“Regmatige eienaars het vir hul grond gewerk en daarvoor betaal. Hulle gaan nie daaroor jammer sê nie.”
Groenewald het in sy mosie gesê dit bly jammer dat wit mense altyd die sondebok gemaak word wanneer grondhervorming ter sprake is.
“Oor grondbesit moet dit duidelik gemaak word dat die regmatige eienaars van grond en eiendom in Suid-Afrika diegene is wat daarvoor gewerk het, wat dit betaal het, en wat ‘n titelakte in die titelakte-kantoor het.
Hy sê dié mense is die regmatige eienaars, en dit is nie moontlik om sulke mense se eiendom bloot af te neem sonder vergoeding nie.
“Suid-Afrika is ‘n grondwetlike demokrasie. Daar moet dus ‘n grondwetlike proses plaasvind voordat iemand se eiendom onteien kan word,” sê Groenewald.
“Die regering moet net ophou om wittes die skuld te gee vir alles wat fout is. In hierdie geval is dit die onbevoegdheid van die regering self wat nie vordering kan maak met die proses nie.
Groenewald herinner ook dat meer as 5% van alle grond in die land beland deurentyd op die opemark. Baie daarvan, veral plase, is weens die droogte onder markwaarde beskikbaar.
“Die regering is dus in ‘n baie goeie posisie waar hy miljoene hektaar grond onder markwaarde kan koop. Waarom doen hy dit nie? Waarom die retoriek dat wittes die proses verongeluk?
Groenewald het veral sy kommer uitgespreel dat pres. Jacob Zuma gesê het grond sal sonder vergoeding afgeneem word.
“Dit lyk ten minste of sy lede in die parlement van hom verskil,” se Groenewald
“Dit moet benadruk word dat regmatige eienaars vir hul grond gewerk en daarvoor betaal het. En hulle gaan nie daaroor jammer sê nie.”
The post “Wittes het gewerk, betaal vir grond” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.