![Rustenburgse man doodgeskiet tydens rooftog](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Shooting-9-150x150.jpg)
‘n Rustenburgse inwoner, die 62-jarige Soutie du Randt, is Saterdagnag tydens ‘n rooftog in sy huis doodgeskiet.
Polisiewoordvoerder, sersant Kelebogile Moleko, sê Du Randt en sy vrou, Etricia, het geslaap toe die booswigte ingebreek het.
Die rowers het met onder meer ’n plasmaskerm-televisie gevlug.
Intussen is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die moord op die 79-jarige Piet Jacobs van Hartswater in die Noord-Kaap nie.
Hy is die naweek op sy kleinhoewe vermoor.
Jacobs is Saterdagoggend vasgebind en met steekwonde op sy bed aangetref.
Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur die diefwering voor ’n venster te breek en daardeur te klim.
The post Rustenburgse man doodgeskiet tydens rooftog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.