Nuus oor die Oscar-toekennings in Los Angeles is dat La La Land die meeste Oscars ingepalm het.
Dit sluit in beste rolprent, beste oorspronklike klankbaan, beste rolprentfotografie, Emma Stone vir beste aktrise, Damien Chazelle as beste regisseur, en City of Stars as beste oorspronklike liedjie.
Die grootste nuus en blaps van die aand was egter toe daar verkeerdelik aangekondig is dat La La Land die beste rolprent was, terwyl dit eintlik Moonlight moes wees.
Die toekenning vir die beste akteur het gegaan aan Casey Affleck vir sy rol in Manchester By The Sea.
The post KYK: Groot Oscar blaps van die aand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.