![R11 miljoen vir vanjaar se staatsrede](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-89-150x150.png)
Die parlement het berigte van die DA verwerp waarvolgens die instelling meer
as R11 miljoen aan die reëlings vir vanjaar se staatsrede sou bestee het.
Die parlement sê in ‘n verklaring die uitgawes was nie meer as R4 miljoen nie.
Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het vroeër gesê uit antwoorde op
parlementêre vrae blyk dit dat die koste van vanjaar se staatsrede sowat R11 miljoen bedra het.
Hy sê die staatsrede is nie meer vir gewone lede van die publiek toeganklik nie.
Van die publiek word egter verwag om elke jaar meer op te dok vir ‘n president wat ‘n verleentheid geword het en elke jaar ‘n toenemend vyandige parlement moet trotseer.
The post R11 miljoen vir vanjaar se staatsrede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.