‘n Voormalige Springbokrugbyspeler het die naweek in die Seepunt-polisieselle deurgebring nadat hy na bewering verlede week by ‘n ongelukstoneel in ‘n onderonsie met polisiebeamptes betrokke was.
Eyewitness News berig dat die speler ‘n lid van die 1995 Wêreldbekerspan was.
Netwerk24 het hom intussen as die oud Bok-haker James Dalton identifiseer.
Polisiewoordvoerder Noloyiso Rwexana het bevestig dat die 44-jarige man na verwagting vandag in die Kaapstadse landdroshof op aanklagte van aanranding, intimidasie en verset teen arrestasie sal verskyn.
The post Dalton in selle vir die naweek na geveg met polisie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.