![Gauteng: Waterbeperkings gaan opgehef word](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-87-150x150.png)
Die departement van Waterwese het bekend gemaak dat sekere waterbeperkings in Gauteng vandag met onmiddellike effek opgehef gaan word.
Woordvoerder Sputnik Ratau sê die Vaaldam was gister byna vol op 97,89%.
Honderde mense het opgedaag toe die minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, gistermiddag twee sluise van die Vaaldam oopgemaak het.
Sy het die mense van Gauteng bedank vir hul bydrae om water te bespaar deur die waterbeperkings te gehoorsaam en deur water verantwoordelik en oordeelkundig te gebruik.
Ratau sê sluise van die Bloemhofdam in Noordwes is ook Vrydag oopgedraai.
The post Gauteng: Waterbeperkings gaan opgehef word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.