Uit die VSA word berig dat minstens 28 mense beseer is toe ‘n motor in ‘n skare in New Orleans ingeploeg het wat besig was om na ‘n parade te kyk.
Die motoris, wat erg beskonke was, is op die toneel deur die polisie gearresteer.
In ‘n soortgelyke voorval gister is ‘n bejaarde man dood enkele ure nadat ‘n man op ‘n plein in Heidelberg in Duitsland in ‘n groep mense ingery het.
Die man wat ernstig deur die polisie gewond is toe hy probeer vlug het , is onder polisiebewaking in die hospitaal.
The post Motoris beseer 28 by parade in New Orleans appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.