![2 kampusse van DUT gesluit weens studentebetogings](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-63-150x150.png)
Twee kampusse van die Durban Universiteit van Tegnologie het sy deure tot Maandag gesluit weens gewelddadige studentebetogings.
Studente het gisteroggend buitebande aan die brand gesteek en klippe gegooi tydens ‘n betoging oor hoë kospryse en dat geld nie daarvoor deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema beskikbaar gestel word nie.
‘n Woordvoerder, Alan Khan‚ sê studente het ook opdrag gekry om hul koshuise binne 24 uur te ontruim.
The post 2 kampusse van DUT gesluit weens studentebetogings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.