Drie mans is in Parow in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen ter waarde van sowat R2,5 miljoen.
Die polisie se sersant Noloyiso Rwexana sê dit het gevolg nadat Visserye-beamptes en lede van Kaapstad se honde-eenheid ‘n aantal vars perlemoene onder ‘n kombers in ‘n verdagte motor gevind het.
Dit het hul gelei na ‘n onwettige perlemoenverwerkingsaanleg waar beslag gelê is op nog meer as 12 000 gedroogde en 1200 vars perlemoene, asook toerusting en twee motors.
The post 3 vas vir die besit van R2,5 mil. se perlemoen appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.