!["Onttrekking van Strafhof was ongrondwetlik"](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Strafhof-150x150.png)
Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die Suid-Afrikaanse regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek, ongrondwetlik en ongeldig was.
Regter Phineas Mojapelo het beslis dat die besluit voortydig was en die goedkeuring van die Parlement verkry moes word.
Die DA het aangevoer dat die minister van justisie, Michael Masutha, die parlement op ‘n onwettige wyse gesystap het toe hy met die proses vir die onttrekking begin het.
The post “Onttrekking van Strafhof was ongrondwetlik” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.