
President Jacob Zuma sal vanmiddag reageer op die debat oor die 2017-staatsrede.
Lede van beide huise van die Parlement het die afgelope twee dae deelgeneem aan ‘n debat oor die president se toespraak wat gefokus het op die versnelling van grondhervorming en radikale maatskaplike-ekonomiese transformasie.
Lede van die EFF het nie deelgeneem nie nadat hulle verlede week hardhandig uit die raadsaal verwyder is nadat hulle Zuma probeer keer het om sy toespraak te lewer.
The post Zuma sal reageer op staatsrede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.