Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

UV Taalbeleid: Solidariteit en Afriforum ‘slaggereed’

$
0
0
TAALBELEID: UV GAAN BESLUIT HOF TOE NEEM

Die regspan van Solidariteit en AfriForum sê hulle is gereed vir die appèlsaak oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die instellings is vol vertroue dat die regters se waterskeidingsuitspraak oor grondwetlike en taalregte in Suid-Afrika gehandhaaf sal word.

Die hofsaak oor die UV- taalbeleid word Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

In Julie 2016 het Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug ’n saak teen die Universiteitsraad se besluit om vanaf 2017 slegs Engels as medium van onderrig in die meeste fakulteite te gebruik, gewen. ’n Volhof regters van die hoër hof het beslis dat die die nuut-aanvaarde beleid ongrondwetlik is en die universiteit gelas om die besluit ten gunste daarvan om te keer.

Die universiteit het egter teen die beslissing geappelleer.

Adv. Johan du Toit, SC, sê namens AfriForum en Solidariteit  dat die Universiteit van die Vrystaat se raad en  senaat weer van voor af moet begin om oor ’n taalbeleid vir die UV te besin.

Du Toit sê geen ag is geslaan op die grondwetlike en wetlike grense waarbinne dié besluitneming gebind word nie, al het die UV se taalkomitee spesifiek daarop gewys dat die raad dit moet oorweeg.

Solidariteit en AfriForum sê hulle sal alle moontlike stappe neem ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hulle moedertaal te studeer.

Alana Bailey, Afriforum se adjunk uitvoerende hoof sê terwyl die universiteitsbestuur voorgee dat die verandering van die taalbeleid om gelykberegtiging, toegang en sosiale integrasie gaan, het regters R.D. Hendricks, F. Mokgohloa en M. Motimele se uitspraak duidelik uiteengesit dat dit nie die geval is nie.”

 

The post UV Taalbeleid: Solidariteit en Afriforum ‘slaggereed’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!