Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Plaasmoorde: Slagtings raak almal

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Plaasmoorde slagtings raak almal Jan van Niekerk

Elke Suid-Afrikaner ly onder plaasmoorde.  So sê Jan van Niekerk, Vryheidsfront Plus-leier in die Vrystaat in reaksie op nog ‘n plaasmoord Dinsdag.

Die moord op die Smuts-egpare van Mpumalanga volg kort na ‘n aanval op die Van der Merwe-egpaar van Marquard, wat ‘n noue ontkoming met die dood gehad het, sowel as plaasaanvalle in Luckhoff en Hertzogville in die Vrystaat.

“Februarie ‘n slagting”

Tot op datum was daar reeds 18 aanvalle op plase in Suid-Afrika gedurende Februarie. Dit is meer as een plaasaanval per dag.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat en self ‘n boer, sê die land staan geskok en moedeloos na die soveelste aanval. Hy sê dat mens nie anders kan as om woedend en wanhopig oor die elf plaasmoorde in die afgelope twee weke te voel nie, om nie eers te praat van die duisende voorafgaande plaasaanvalle en –moorde nie.

Van Niekerk sê die impak van ‘n plaasaanval is baie meer verrykend as wat ‘n mens sou dink.

Landbou skep werk

“Voedselsekerheid en die bydrae tot die BBP is van die faktore wat skade ly, maar die sosiale en sielkundige impak op plaaswerkers en landbouers en hul gesinne is onherroeplik.“

“Op dieselfde dag het Statistiek Suid-Afrika die werkloosheidsyfers vir die vierde kwartaal van 2016 bekend gemaak. Die werkloosheidskoers is 1.4% hoër as dieselfde kwartaal in 2015. Die landbousektor het 919 000 werknemers in diens en verskaf jaarliks aan 6.9% van die arbeidsmag werk, dit is die tweede meeste van al die industrieë in Suid-Afrika.”

Jan van Niekerk

“Met slegs 35 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is die skade wat ‘n enkele plaasmoord aan werksekerheid en die welstand van werkers se gesinne aanrig onherroeplik,” sê Van Niekerk

Hy sê die landbousektor is reeds onder soveel druk met grondhervorming, die gevolge van die droogte en die konstante bedreiging van boere en plaaswerkers se veiligheid, dat ons nie kan bekostig om terug te sit en die status quo verder te aanvaar nie.

“Elke Suid-Afrikaanse burger moet besef dat hy of sy indirek deur elke plaasmoord geraak word. Dit is tyd dat ons as landsburgers opstaan teen hierdie sinnelose geweld wat tot hoër voedselpryse, onsekere ekonomiese toestande, toenemende misdaad en die uitmoor en verarming van ons medemens lei.”

The post Plaasmoorde: Slagtings raak almal appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!