
Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het ‘n beroep gedoen op
die publiek om wetstoepassers te help om diegene vas te trek wat hulle skuldig
maak aan brandstigting by universiteite.
Hy het gereageer ná die jongste voorval waarin ‘n gebou by die Nelson Mandelabaai Universiteit in Port Elizabeth aan die brand gesteek is.
Nzimande sê dit is tyd dat alle Suid-Afrikaners saamwerk om dié waansin te stop.
Hy het vroeër die week gesê die meer as miljard rand wat sy departement moet aanwend as skadevergoeding ná verlede jaar se geweld op kampusse landwyd, kon beter benut word vir studiehulp aan behoeftige studente.
The post Brandstigting by universiteite: ‘Publiek moet help mense vas trek’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.