
Adv. Johan du Toit, SC, sê namens AfriForum en Solidariteit in betooghoofde
in die appèlhof in Bloemfontein dat die Universiteit van die Vrystaat se raad en
senaat weer van voor af moet begin om oor ’n taalbeleid vir die UV te besin.
Netwerk24 berig dat Du Toit namens die organisasies opponeer teen die UV se
appèl teen die tersydestelling van die besluit om sy jongste taalbeleid te aanvaar.
In sy betooghoofde vra Du Toit dat die UV alle tersaaklike feite en wetlike aspekte in ag neem en afwyk van die sogenaamde oogklap-benadering wat hulle in hul 2016-besluitneming oor die taalbeleid van Engels as primêre taal van onderrig gevolg het.
Du Toit sê geen ag is geslaan op die grondwetlike en wetlike grense waarbinne dié besluitneming gebind word nie, al het die UV se taalkomitee spesifiek daarop gewys dat die raad dit moet oorweeg.
Du Toit sê daar moet in ag geneem word Afrikaans is die moedertaal van 75,8% bruin en 60,8% wit mense en dat sowat 10% van die studente wat verkies om in Afrikaans onderrig te word, swart en bruin is.
The post Kovsies moet weer van voor af oor taalbeleid besin appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.