
Die rand het tot die hoogste vlak in twintig maande gestyg te midde van
positiewe sentiment teenoor die geldeenhede van ontluikende markte en het kort gelede teen R12,92 teenoor die dollar verhandel.
Die laaste keer wat die rand onder R13 verhandel het, was in Augustus 2015.
‘n Ekonoom van Rand Aksepbank, John Cairn, sê wêreldwye risiko wat president Donald Trump van Amerika betref, is goed vir die rand.
Die rand verhandel rondom R16,9 teenoor die pond en R13,69 teenoor die euro.
Goud het kort gelede teen 1,231 dollar per fyn ons verhandel en platinum teen 1,008 dollar.
Die jongste prys van Brent Noordsee-olie is 55 dollar 75 sent per vat.
The post Rand styg tot hoogste vlak in 20 maande appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.