
Twee mans van onderskeidelik 29 en 49 jaar is gister op die Bram Fischer
Lughawe buite Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van R7 miljoen
in kontant.
Die geld was in verskeie tasse vervoer.
Sekuriteitspersoneel het snuf in die neus gekry toe die twee mans verdag voorgekom het.
Hulle is ondervra en die geld, als honderd- en twee-honderd rand note, is gekonfiskeer toe hulle nie kon rekenskap gee van hoe hulle dit bekom het nie.
Die mans, wat onderweg was na Kaapstad, behoort binnekort in die Bloemfonteinse Landroshof te verskyn op aanklagte van geldwassery.
The post 2 mans vas vir geldwassery appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.