
Ministers van verdediging van die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) vergader later vandag in Brussel met die nuwe Amerikaanse minister van verdediging, James Mattis.
Dit is die eerste ontmoeting tussen Mattis en ander NAVO ministers van verdediging.
Na verwagting sal Mattis daarop aandring dat NAVO-lidlande minder op die VSA vir geldelike steun staatmaak en hul bydraes aan die organisasie verhoog.
The post Ministers van NAVO vergader met Mattis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.