Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Werkloosheid skok vir VS

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Werkloosheid skok vir VS Roy Jankielsohn DA

Meer Vrystaters het hulle werk verloor gedurende 2016 as in enige ander provinsie in Suid-Afrika.  Volgens die nuutste syfers deur Statistiek Suid-Afrika het 68 000 Vrystaatse inwoners verlede jaar hulle werk verloor.

Dit bring die amptelike werkloosheidsyfer in die Vrystaat op 34.7%  te staan.

Die werklike werkloosheid in die provinsie is tans 40.9%.

Effektiewelik is 485 000 mense uit die provinsie se 1,160 miljoen werkersmag tans werkloos.

Rosestad 100.6 Nuus Werksverliese per sektor 2016 Vrystaat Werkloosheid

In die Mangaung Metro-munisipaliteit is 32 000 meer werkloos in 2016. Dit is die hoogste van die metro’s in die land.

Die Demokratiese Alliansie sê die getal werksverliese is ‘n groot terugslag vir vooruitgang en welvaart vir tien duisende families wat sukkel om kos op die tafel te sit.

“Die ANC het nie meer die ekonomiese beleidstukke of die politieke wil om werkloosheid aan te spreek nie,” sê die DA leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn.

“Intussen sal die premier, Ace Magashule, se provinsiale rede Maandag in ‘n luukse plek buite Villiers aangebied word wat mijoene rande gaan kos. Dít terwyl ons paaie paaie utmekaar val, Eskom dreig om munisipaliteite se krag af te sny en daar nie medisyne in ons klinieke is nie,” sê Jankielsohn.

“Magashule behoort sy kop uit skaamte weg te steek.”

Jankielsohn sê die Vrystaat bevind homself al meer in ‘n omgewing wat nie beleggersvriendelik is nie.

“Dit verlangsaam ekonomiese groei wat nodig is werkskepping vir veral die werklose jeug van die provinsie”

The post Werkloosheid skok vir VS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!