
Hoewel Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie en die howe aan die kwyn is, kontak die meerderheid die polisie nog eerste wanneer hulle vermoed dat hulle die slagoffer van ’n misdaad was, waarskynlik omdat hulle ‘n inbraak by die polisie moet aanmeld omdat hul versekeringsmaatskappye dit vereis.
Luidens Statistieke Suid-Afrika se verslag oor misdaadslagoffers het meer as die helfte van huishoudings wat hieroor uitgevra is, aangedui hulle sal die polisie eerste kontak.
Die naasgrootste groep het gesê hulle sal hulle tot familielede of vriende wend terwyl die derde meeste aangedui het hulle sal private veiligheidsmaatskappye kontak.
The post Meerderheid van misdaadslagoffers kontak polisie eerste appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.