Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Munisipaliteite kan nie Eskom-skuld betaal nie

$
0
0
Munisipaliteite kan nie Eskom-skuld betaal nie

Die Renosterberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap sê hy het nie genoeg geld om agterstallige skuld aan Eskom te betaal volgens die betalingsplan wat Eskom voorstel nie.

Die Renosterberg- en Ubuntu-munisipaliteite skuld Eskom gesamentlik sowat R69 miljoen.

Die twee munisipaliteite kan kragonderbrekings van vandag af verwag indien hulle nie die skuld vereffen nie.

Die Naledi-munisipaliteit op Vryburg in Noordwes het beplande kragonderbrekings vermy nadat hy R33 miljoen aan Eskom betaal het.

Die munisipale bestuurder, Neo Skalk, sê ‘n ooreenkoms is met Eskom bereik waarvolgens die munisipaliteit die res van die uitstaande skuld oor vier jaar sal afbetaal.

Ongeveer 25 munisipaliteite skuld gesamentlik ongeveer tien miljard rand aan Eskom.

Die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit, wat Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus en Vierfontein in die Vrystaat insluit, is basies bankrot met sy laste wat sy bates met R76,6 miljoen oorskrei.

Onreëlmatige uitgawes ten bedrae van R29,7 miljoen en ongemagtigde uitgawes ten bedrae van R190,5 miljoen, word weerspieël in die verslag van die Ouditeur-Generaal vir die 2015-2016 finansiële jaar.

Elektrisiteit- en waterverliese alleen beloop onderskeidelik bykans R56 miljoen en R15 miljoen.

The post Munisipaliteite kan nie Eskom-skuld betaal nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!