Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Lesse met Lizelle: Die geur wat ons versprei

$
0
0
Rosestad 100.6 Lesse met Lizelle Die Geur wat jy versprei Dr Lizelle Nel

Mense moet wonder: waar kan ek van daardie geur kry?

Nou wat is die punt van hierdie tema? Dit klink so bietjie vreemd.

Die antwoord is seker maklik: iets eksoties soos daardie kan-net-een-keer-in-2-jaar-bekostig DKNY, Elizabeth Arden of dalk ietsie meer bekostigbaar soos White Satin of Moondrops?

Verseker sal dit lekker geure wees om te versprei. Die maklike antwoord is dat dit iets is wat ons voor kan begroot, elke dag kan aanspuit en wat mense spontaan van ons bewus kan maak.

“Jy ruik baie lekker’’ is mos ‘n heerlike kompliment vir ‘n vrou om te kry.

Daar is egter nog ‘n geur waarvan ons praat. Een wat nie te koop is nie. Dit is die innerlike geur wat ons afgee.

Die gedagte is dat ons almal goeie dae en slegte dae het. Op ons goeie dae is dit vir mense lekker om in ons persoonlike ruimte te kom. Ons gee dan ‘n “goeie’” geur af.

Karakter is egter iets wat ons meet en weet op die dae wat nie goed is nie. Daardie dae wat die wekker een keer te lank gesnooze is, iemand vergeet het om brood en melk te koop, jou motor se brandstofliggie ongeleë aankom en die taxi’s net doodeenvoudig doen wat hulle wil.

Dit is dan wanneer die geur wat ons afgee, ons karakter bevestig.

Soms is ons geur ‘n oorhaastige en ondeurdagte antwoord op ‘n vraag wat ons ore eintlik nie eens gehoor het nie.

Soms is ons geur ‘n kwaai en kritiese frons, kopskud, stywe rug of die kenmerkende dun lippie.

So wat is die geur wat ons moet versprei?

Rosestad 100.6 Nuus Lesse met Lizelle Vrug van die geesLiefde, Vrede, Vreugde, Geduld, Vriendelikheid, Goedhartigheid, Getrouheid, Nederigheid, Selfbeheersing

Geen begroting is hiervoor nodig nie. Ons kan soveel daarvan versprei as wat ons wil, waar ons wil, in die regte hoeveelhede. Ons kan dit elke dag mildelik uitdeel. Ons hoef nie spaarsamig te wees nie.

Laat dit in liters oorvloei!

Jou uitdaging vir die week?

Kom ons versprei ons Vrugte-Geur eerstens na die mense naaste aan ons. Daardie mense wat alreeds ons ‘’slegte’’ geur alte goed ken. Dan versprei ons dit verder na ons vriende, kollegas, mede-ouers… En laaste, maar nie die minste nie, ook in die hysbak, in die ry by Pick & Pay en op Nelson Mandelarylaan by die robot…

Mense moet wonder: waar kan ek van daardie geur kry?

Doen wat jy kan, daar waar jy is, met dit wat jy het!

Dr Lizelle Nel (DPhil MW: UP, Hon Slk: UNISA) is ‘n spelterapeut en maatskaplike werker van Bloemfontein. Sy spesialiseer in kinders, gesin, huwelik, egskeiding, trauma en bemagtiging. Maak gerus hier met haar kontak.

Rosestad 100.6 Lizelle Nel Lesse met Lizelle Nel

Dr. Lizelle Nel

The post Lesse met Lizelle: Die geur wat ons versprei appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!