Suid-Afrikaners kan vir Maart nog ‘n petrolprys-skok te wagte wees wanneer
die minister van finansies, Pravin Gordhan, volgende week sy begrotingsrede
lewer.
Sommige ekonome verwag dat Gordhan `n bykomende brandstofheffing van 50 sent per liter aanstaande week in sy begroting gaan aankondig.
Gordhan is onder druk weens die trae ekonomie en ‘n kleiner inkomste uit belasting.
Die verhoging in die brandstofheffing behoort `n bykomende inkomste van tien-miljard rand by te dra.
Die leier van belastingbeleid by PWC, Kyle Mandy sê Gordhan het min beweegruimte vir verligting, wat daarop dui dat ‘n verhoging waarskynlik is.
The post Petrolprys kan styg weens Gordhan se begrotingsrede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.