![Rossouw-moordsaak: Baasbrein borgtog geweier](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-217-150x150.png)
In die streekhof in Kroonstad in die Vrystaat is borgtog geweier aan die vermeende baasbrein agter die moord op die Kroonstadse sakevrou, die 47-jarige Engelé Rossouw, in Desember verlede jaar.
Streeklanddros Ronny Mnguni het John Mohoboko se aansoek om borgtog van die hand gewys, nadat sy mede-beskuldigde, Phelo Mosala, reeds met hul vorige verskyning sy aansoek om borgtog laat vaar het.
Die twee mans word aangekla van roof met verswarende omstandighede en moord.
Mohoboko het as ‘n tuinwerker by Rossouw gewerk.
The post Rossouw-moordsaak: Baasbrein borgtog geweier appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.