![Hoëvlak-vergadering oor krisis in pluimveebedryf](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-216-150x150.png)
Die huidige krisis in die plaaslike pluimveebedryf is op ’n hoëvlak-vergadering tussen die Suid-Afrikaanse regering en die Europese Unie bespreek.
Volgens ’n verklaring van die departement van Handel en Nywerheid het minister Rob Davies en die minister van Landbou, Senzeni Zokwana, met die Europese Unie se ambassadeur in Suid-Afrika, Marcus Cornaro, vergader om bilaterale handelsbetrekkinge te bespreek.
Die departement sê die ministers het die belangrikheid van die pluimveebedryf vir landelike ontwikkeling en die herlewing van die landbou- en landbouverwerkingsbedrywe benadruk.
The post Hoëvlak-vergadering oor krisis in pluimveebedryf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.