Die Universiteit van Pretoria sê indien klas- en verblyfgeld dieselfde bly as verlede jaar, gaan hy aanstaande jaar ’n tekort van R88 miljoen hê.
Die universiteit het in sy voorlegging aan die kommissie van ondersoek na die uitvoerbaarheid van gratis hoër onderwys gesê dié tekort sal teen 2021 tot meer as R566 miljoen toeneem.
Die vise-kanselier, professor Cheryl de la Rey, het in Pretoria aan die kommissie gesê die toename in die bedryfskoste om die kampusse daagliks aan die gang te hou, is uit hulle hande.
The post Gratis onderwys: UP gaan tekort van R88 miljoen hê appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.