Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Ma rand glo kind in Bfn winkel aan

$
0
0
Ma rand glo kind in Bfn winkel aan

Inkopiegangers herstel nog van die skok-voorval waar ‘n ma haar kind in ’n
bekende winkelsentrum in Bloemfontein glo pimpel en pers geslaan het.

Netwerk24 berig die dogtertjie, een van drie, het lekkergoed by ‘n betaalpunt gevat waarvoor die vrou nie geld gehad het om te betaal nie.

Volgens ooggetuies het sy net daar op die plek op die meisietjie begin skreeu en gil, en haar herhaaldelik met die vuis geslaan.

Die kind het op die vloer geval, maar die vrou het haar steeds aangerand.

’n Kassier by die betaalpunt het die kind van die vrou af probeer wegkry, maar sy het haar aanhou slaan.

’n Klag is nie by die polisie ingedien nie omdat niemand weet wie die vrou is nie.

The post Ma rand glo kind in Bfn winkel aan appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!