!["Vroue moet leierskapsposisies inneem"](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-152-150x150.png)
Die uittredende voorsitter van die Afrika-Unie-kommissie, Nkosazana
Dlamini-Zuma, sê vroue moet leierskapsposisies inneem en verandering in alle
sfere van die regering teweegbring.
Dlamini-Zuma sê ‘n 40% verteenwoordiging van vroue in die Parlement is nie genoeg nie en vroue het ‘n verpligting om die regering te oortuig om dit tot 50% op te skuif.
Sy het tydens ‘n welwillendheidsbesoek aan die Xhosa-koning, Zwilonke Sigcau, by Willowvale in die Oos-Kaap met leiers en plaaslike inwoners gepraat.
Dlamini-Zuma sê Liberië is die enigste Afrikaland met ‘n vroueleier en dit is tyd dat meer vroue leiersposisies inneem.
The post “Vroue moet leierskapsposisies inneem” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.