Die dokter wat ses jaar gelede in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein deur ‘n groentesmous verkrag is, het in die Vrystaatse hooggeregshof vir ‘n aansienlik kleiner bedrag in haar geldeis teen die LUR van gesondheid in die Vrystaat geskik.
Die 41-jarige dokter se eis het aanvanklik meer as R17 miljoen beloop, maar Netwerk24 berig sy het vir aansienlik minder geskik om haarself die traumatiese stress te spaar.
Sy sou self in haar saak getuig het.
Volgens die dokter, wat anoniem bly, het sy geskik omdat sy nie kans gesien het om alles weer van voor af te herleef nie.
Sy wou nie die uiteindelike skikkingsbedrag bekend maak nie.
The post VERKRAGTE DOKTER AANVAAR KLEINER SKIKKING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.