Die Suid-Afrikaanse spiesgooier en silwermedalje-wenner op die afgelope Olimpiese Spele, Sunette Viljoen, het haar skerp uitgelaat teen die minister van sport, Fikile Mbalula.
Mbalula het gister by die aankoms van lede van die Olimpiese span in Johannesburg bonusgeld aan die Olimpiese medaljewenners beloof.
Daar is vooraf bevestig deelnemers kry elkeen R400 000 vir goud, R200 000 vir silwer en R80 000 vir brons medaljes.
Gister het Mbalula belowe om nóg geld by die aansporings te voeg omdat die medaljewenners die land trots gemaak het en gesê silwermedalje-wenners soos Viljoen sal ‘n verdere bonus van R70 000 ontvang.
Viljoen het daaroor getwiet: “Geld al weer aan medaljewenners beloof. Hoop om dit in die volgende jaar te sien. Die bedelry sal amper begin.”
Sy het ook getwiet Saskok moet dringend ondersoek word veral oor die R70 miljoen wat die Nasionale Lotery vir Rio geskenk het.
The post MINISTER BELOWE OLIMPIESE WENNERS NOG GELD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.