Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Gedenkdiens vir Joost

$
0
0
Gedenkdiens vir Joost

‘n Gedenkdiens vir die voormalige Springbok rugbykaptein, Joost van der
Westhuizen sal Vrydagmiddag half-een in die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria plaasvind.

Van der Westhuizen is gistermiddag by sy huis oorlede na ‘n lang stryd teen motorneuronsiekte.

Intussen stroom hulde vir Van der Westhuizen in met die minister van Sport, Fikile Mbalula, SA Rugby, politieke partye, voormalige Springbokkapteins en oorsese rugby-unies van die talle instansies en mense wat reeds hulde gebring het.

President Jacob Zuma het in ‘n verklaring namens die regering en die mense van Suid-Afrika sy diepe hartseer en innige meegevoel uitgespreek.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het op Twitter gesê die Springbok 9-trui is deur baie gedra, maar baie min het die trui soveel eer aangedoen as Van der Westhuizen.

Saru se president, Mark Alexander, het hom bestempel as een van die grootste spelers van alle tye.

The post Gedenkdiens vir Joost appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!