
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê wette wat vryheid van spraak inperk, het geen plek in Suid-Afrika se demokrasie nie.
Die instituut is een van verskeie instansies wat hom skerp uitgespreek het oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.
Die maatreël maak onder meer voorsiening daarvoor dat dit ’n strafregtelike oortreding sal wees om die president te beledig.
Die FW de Klerk-stigting het gevra dat die haatspraakbepaling in die wetsontwerp geskrap word en sê vryheid van spraak in die land behoort tot elke prys verdedig te word.
The post “Wette wat vryheid van spraak inperk het geen plek in SA” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.