
Die polisie is opsoek na ‘n sesjarige dogtertjie van Ladybrand wat sedert Sondag vermis word.
Volgens Missing Children in Suid-Afrika is Natasha Potgieter gister die laaste keer by die Ladybrand munisipale woonstelle gesien.
Die besonderhede rondom haar verdwyning is onbekend.
Sy het ‘n oranje baadjie en pers broek aangehad.
Enige iemand wat kan help met haar opsporing kan die Ladybrand Polisie skakel by 051 923 4000.
Volgens die SAPD se Buro vir Vermiste Persone word ‘n kind elke vyf urein Suid-Afrika as vermis aangemeld.
The post Meisie (6) van Ladybrand vermis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.