
Inwoners van die spogwoonbuurt Hillsboro in Bloemfontein kla dat die stank
van die Mangaung-metro se nabygeleë noordelike stortingsterrein onuithoudbaar geraak het.
Netwerk24 berig Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, het nog nie antwoorde verskaf oor wat die metro doen om die gebied reg te ruk nie.
Dit volg nadat inwoners gekla het oor die stank en vullis wat ophoop en nie weggewerk word nie.
DA-raadslid Selmé Pretorius van die Mangaung-metro het intussen gesê die probleme gaan opgelos word.
Daar was aanvanklik nie diesel vir van die swaarvoertuie wat die vullis moes verwerk en toemaak nie én van die voertuie was stukkend.
Volgens Pretorius is daar met Glory Twala, hoofbestuurder: reiniging, van die metro vergader en twee nuwe voertuie is gelewer, terwyl diesel ook verskaf is.
The post INWONERS KEELVOL OOR STANK EN VULLIS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.