![ABSA KRY 14 DAE OM OP EISE TE REAGEER](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-132-150x150.png)
Die ANC-jeugliga in die Vrystaat het Absa 14 dae tyd gegee om te reageer op
die eise in die beswaarskrif wat Donderdag aan die bank se takke in Bloemfontein oorhandig is.
Ontevrede lede van die jeugliga het ’n protesoptog na die bank onderneem om hul eis te oorhandig dat Absa die R2,25 miljard terugbetaal waaruit hy voordeel geput het toe die Reserwebank Bankorp tussen 1985 en 1995 geldelik bygestaan het.
Dit is gegrond op die voorlopige bevindings in ’n verslag van die openbare beskermer wat ’n paar weke gelede aan die media uitgelek is.
Absa het Bankorp in 1992 gekoop, maar hou vol die bedrag wat betaal is, sluit die wins in.
Bartie Smith, provinsiale hoof van Absa in die Vrystaat, het die beswaarskrif ontvang en gesê die bank gee sy samewerking in die ondersoek van die OB.
The post ABSA KRY 14 DAE OM OP EISE TE REAGEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.