![GEDEELTE VAN MANDONSELA SE PENSIOEN WORD TERUG GEHOU](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-130-150x150.png)
Die nuwe openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy is teleurgesteld
oor beriggewing dat daar ‘n duistere motief agter die besluit was om ‘n gedeelte van haar voorganger, Thuli Mandonsela, se pensioenuitbetaling terug te hou.
Mkhwebane se woordvoerder, Oupa Segalwe, sê Mkhwebane se besluit is gegrond op ‘n regsmening ná ‘n versoek deur die kantoor van die staatsprokureur oor of Madonsela verantwoordelik is vir die ongelukskade aan die staatsmotor wat aan haar toevertrou is.
Haar seun het die ongeluk veroorsaak.
Segalwe sê slegs die bedrag wat die staatsgarage van Mkhwabane se kantoor eis, is teruggehou.
Indien ‘n regsmening daarop sou dui dat Madonsela nie vir die koste aanspreeklik is nie, sal die geld aan haar uitbetaal word.
Segalwe het in ‘n verklaring gesê die nuwe openbare beskermer het geen kwade gevoelens teenoor haar voorganger nie.
The post GEDEELTE VAN MANDONSELA SE PENSIOEN WORD TERUG GEHOU appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.