![JOOST STERK AAN](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-129-150x150.png)
Dit gaan heelwat beter met die legendariese Springbok-skrumskakel Joost van
der Westhuizen wat die afgelope naweek weens asemhaling-komplikasies weens motorneuronsiekte in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem is.
Netwerk24 berig sy eertydse vrou, Amor Vittone, en hul kinders, Jordan en Kylie, was gister heeldag by die Life Fourways-Hospitaal nadat daar aan hulle vertel is om voor te berei vir die ergste.
Van der Westhuizen, wat aan ‘n ventilator gekoppel is en meestal in ‘n koma is, het ‘n sprankie hoop van beterskap laat opvlam toe hy in ‘n stadium bygekom en op gesprekke gereageer het deur sy oë te knip.
Die J9-stigting het gisteraand laat op hul amptelike Facebook-blad laat weet dat Van der Westhuizen se toestand effe verbeter het en dat hy baie moeg is.
The post JOOST STERK AAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.