Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Klassieke Skouspel eersdaags by Vrouemonument

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Monument Klassieke Skouspel Vrouemonument 24 Maart 2017

“Dit is nie enige konsert nie.”

So sê Paul Loeb van Zuilenburg, die dirigent van die Bloemfontein Filharmoniese Orkes (BPO) oor die Monument Klassieke Skouspel wat op 24 Maart by die Vrouemonument aangebied word.

Van Zuilenburg het einde 2016, met groot sukses, die opvoering  “A Tribute to The Waltz King” in Stellenbosch aangebied.

Nou is dit Bloemfontein se beurt en toegang na dié skouspel is gratis.

‘n Aand van eerstes

Die BPO maak hulle debuutopvoering nadat die Bloemfontein Stadsorkes (BCO) aan die einde van 2016 na ‘n hofstryd ontbind het. Die Klassieke Skouspel sal ook die eerste van sy soort by die Vrouemonument wees.

“Ons wil hê die mense moet hulle kinders en dié se sokkerballe saambring en dans as ons die walse speel. Dink Maastricht!” sê van Zuilenburg.

Van Zuilenburg is opgewonde oor die uitdagings wat die Vrouemonument vir die opvoering bied.

“Op ‘n mooi aand bly dit ‘n fantastiese ervaring.”

“Ek dink eerstens moet mense wat die BCO se konserte bygewoon het dieselfde verwag, maar net groter. Daar gaan vooraanstaande soliste uit Pretoria optree, ons speel bekende walse van Strauss en ander Oostenrykse komponiste, arias soos Vilja, This land is Mine (Exodus), Granada, You will never walk alone, Radetzky en Die Ligte Ruitery en nog ‘n paar ander verrassings,” sê van Zuilenburg

Rosestad 100.6 Nuus Maonument Klassieke Skouspel Vrouemonument 24 Maart 2017 Tribute to the Waltz King BPOKlassieke musiek toeganklik en prettig

Hy sê met die ondersteuning van Radio Rosestad is dit nou moontlik om ‘n “regte” Andre Rieu-tipe konsert op die planke te sit.

Radio Rosestad Stasiebestuurder, Anton Cloete, sê met die beplanning van die opvoering was dit vir al die rolspelers belangrik om die publiek gratis toegang te bied na ‘n klassieke skouspel van dié aard.

“Ons maak hiermee klassieke musiek toeganklik en prettig vir die hele gesin wat heerlik kan kom saam sing en dans en net lekker ontspan by die Vrouemonument” sê Cloete.

“Met die Vrouemonument as agtergrond vir die skouspel, neem die orkes stelling in aan die voorkant die monument, met klassieke liefhebbers wat die aand geniet vanuit hul stoele of die gras of graswalle op komberse met piekniek-mandjies; hierdie is geen swartpak, stywe boordjie geleentheid nie!”

The post Klassieke Skouspel eersdaags by Vrouemonument appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!