![NOG REëN OP PAD VIR VRYSTAAT](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-125-150x150.png)
Vrystaters en Noord-Kapenaars juig behoorlik na afloop van die milde
neerslae wat die afgelope naweek voorgekom het.
Reënvalsyfers wissel, maar oor die algemeen het meeste gebiede tussen 40mm en 100mm vir die afgelope paar dae gemeet.
Netwerk24 berig Elani Claassen, weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê nog swaar reën word vir die sentrale en noordoostelike Vrystaat voorspel wat tot kitsvloede kan lei.
In die Suid-Vrystaat word net enkele reënbuie voorspel.
Intussen het die hoof van die Vrystaatse departement van waterwese, Tseliso Ntili, gesê baie opgaardamme in die provinsie is nou tussen 60% en 65% vol, maar dat daar nog damme is wat minder as 20% vol is en dat die droogte nog glad nie gebreek is nie.
The post NOG REëN OP PAD VIR VRYSTAAT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.