Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ANC-JEUGLIGA GAAN AANKLAGTE TEEN MAHLANGU INDIEN

$
0
0
ANC-JEUGLIGA GAAN AANKLAGTE TEEN MAHLANGU INDIEN

Die ANC-Jeugliga in Gauteng sê hy gaan vandag aanklagte van moord teen
die voormalige Gautengse LUR van Gesondheid, Qedani Mahlangu, indien.

Mahlangu het kort ná die Gesondheidsombudsman se aankondiging oor die sterftes van 94 psigiatriese pasiënte verlede jaar, bedank.

Sy word vervang deur die voormalige burgmeester van die Tshwane Metroraad, Gwen Ramokgopa.

Die Jeugliga het die sterftes as ‘n skande bestempel en sê Mahlangu moet strafregtelik vervolg word.

Die Liga vra ook dat die ANC met tugstappe teen haar begin.

Die DA het ook Mahlangu se bedanking verwelkom.

Die DA se woordvoerder oor Gesondheid, Jack Bloom sê strafregtelike klagte moet teen die betrokke partye ingedien word.

Bloom sê van die pasiënte het gesterf weens wanvoeding en diarree.

Hy het die toestande as skokkend beskryf en sê senior amptenare en die betrokke nie-regeringsorganisasies moet aanspreeklik gehou word.

Intussen het die Vryheidsfront Plus in Gauteng aangedui dat hulle ook voortgaan met strafregtelike aanklagte teen Mahlangu.

The post ANC-JEUGLIGA GAAN AANKLAGTE TEEN MAHLANGU INDIEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!