
Die gewese mev. Suid-Afrika, Tereza Herbst, sê sy het nou in ’n moderner
huis, wat baie meer na haar smaak is, ingetrek nadat ‘n hofbevel haar uit haar luukse huis in die spogbuurt Waverley in Bloemfontein gedwing het.
Netwerk24 berig dat Herbst aansoek doen om verlof om te appelleer teen die bestraffende kostebevel wat in die uitsettingsbevel in die Vrystaatse hooggeregshof teen haar gegee is.
’n Dagvaarding vir R117 000 se uitstaande huurgeld is reeds uitgereik, maar nog nie aan haar beteken nie hangende die uitslag van haar aansoek om verlof tot appèl.
Luidens die uitsettingsbevel moes sy gister uit die huis gewees het.
Die huis behoort aan Nelie Smith-Mansuitrusters, ‘n filiaal van die Troskies se Mimosa-groep.
The post TEREZA HERBST IN NUWE HUIS NA HOFBEVEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.