
Ses lede van die SAPD in Bloemfontein is gister deur die Valke in hegtenis
geneem weens beweerde bedorg.
Die Provinsiale Kommissaris van die Polisie, lt.gen Lebeoana Tsumane, sê die ses, waarvan twee offisiere, drie konstabels en `n finansies klerk, word al sedert verlede jaar September dopgehou.
Hulle het na bewering persoonlike besonderhede van hulle seniors gebruik om fiktiewe aansoeke om kontantvoorskotte en eise vir etes, huisvesting en andere ter waarde van R5,2 miljoen in te vul en te eis.
The post 6 VAN SAPD GEARRESTEER VIR BEDROG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.