
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het Iran daarvan beskuldig dat hy ‘n missieltoets uitgevoer het in weerwil van ‘n VN Veiligheidsraad resolusie.
Netanyahu het gesê hy sal die hernuwing van sanksies teen Iran ophaal wanneer hy in Februarie pres. Donald Trump van Amerika sal ontmoet.
Iran het verskeie missiel toetse uitgevoer sedert die 2015 kernooreenkoms wat daartoe gelei het dat VN sanksies teen die land verslap is.
The post “IRAN HET MISSIELTOETS UITGEVOER” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.