Studente van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth het vanoggend die ingange na die universiteit se kampusse versper en gratis onderrig geëis.
Dit nadat die studente-organisasie, Sasco, ‘n oproep gedoen het dat bedrywighede by alle onderrig-instansies in die Oos-Kaap gestaak word.
Die studenteraad van die universiteit het hom van die protesoptrede gedistansieer en gesê dit is polities gemotiveer.
Intussen is lesings by die Universiteit van KwaZulu-Natal se vyf kampusse nie vanoggend hervat soos wat gister aangekondig is nie.
Alle akademiese bedrywighede is gister vir die dag opgeskort nadat klasse ook Donderdag en Vrydag opgeskort moes word weens gewelddadige betogings op die Pietermaritzburg- en Westville-kampusse oor klasgeldverhogings.
The post STUDENTE VAN NMMU BETOOG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.