![47 STERF TOE MOTOR IN RIVIER BELAND](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-97-150x150.png)
In Madagaskar is minstens 47 mense, onder wie tien kinders en ‘n pasgetroude
paartjie, dood toe ‘n vragmotor wat gaste van ‘n troue vervoer het, die pad verlaat het en in ‘n rivier beland het.
Die polisie sê die ongeluk het buite die dorp Anjozorobe plaasgevind.
22 ander is ernstig beseer.
Die polisie sê die bestuurder het te veel passasiers in ‘n vragmotor vervoer wat eintlik vir goedere bedoel is.
Die bestuurder het glo vinnig gery om die verkeerspolisie te probeer ontduik.
The post 47 STERF TOE MOTOR IN RIVIER BELAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.