![LEIERS IN HOENDERBEDRYF GAAN VERGADER OOR KRISIS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-90-150x150.png)
Regeringsamptenare, vakbondleiers en rolspelers in Suid-Afrika se
hoenderbedryf gaan so gou moontlik vergader om die huidige krisis in die sektor te bespreek.
Dit volg op goeie vordering wat die departement van handel en nywerheid ‘n paar dae gelede gemaak het deur ‘n taakspan saam te stel om die krisis op te los.
Die krisis behels die moontlike afdanking van duisende werkers op hoenderplase.
Plaaslike hoenderprodusente sê hulle kan weens groot hoeveelhede goedkoop ingevoerde hoender uit lidlande van die Europese Unie in plaaslike winkels nie meer met dié pryse kan meeding nie weens onder meer hoë insetkostes.
The post LEIERS IN HOENDERBEDRYF GAAN VERGADER OOR KRISIS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.