![AFRIKA UNIE-BERAAD IN ADDIS ABABA](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-89-150x150.png)
Staatshoofde en afgevaardigdes het in Addis Ababa in Ethiopië aangekom vir
die Afrika Unie-beraad.
Onder hulle is die president van Rwanda, Paul Kagame, wat die voorsitter is van ‘n span kenners wat die voormalige president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Tito Mboweni, insluit.
Die span moet voorstelle doen oor die AU se herlewing.
Oudpresident Thabo Mbeki is die voorsitter van ‘n paneel wat oplossings moet vind vir die sogenaamde plundering van Afrika se hulpbronne.
Die VN-ondersekretaris en Direkteur vir Vroue, Phumzile Mlambo-Ngcuka, woon ook die beraad by.
President Jacob Zuma word vanmiddag in Addis Ababa verwag.
The post AFRIKA UNIE-BERAAD IN ADDIS ABABA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.