
Die regering het ‘n beroep op die pluimveebedryf gedoen om alles in sy
vermoë te doen om te verhoed dat enige aanlegte gesluit word.
Dit volg nadat die Departement van Handel en Nywerheid gesê het dat daar aansienlike vordering gemaak is met die krisis in die pluimveesektor.
Die Departement het ‘n taakspan op die been gebring waarby die regering, pluimveeboere en vakbonde betrek is.
Plaaslike hoenderprodusente is van plan om duisende werkers af te dank in een van die grootste werksverlieskrisisse weens die mededinging met goedkoop ingevoerde hoenders van lande van die Europese Unie.
Die Departement sê die taakspan sal ‘n reeks ingrypings bekyk.
The post ‘PLUIMVEEBEDRYF MOET GEEN AANLEGTE SLUIT’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.