
Die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch het ’n mosie aanvaar om die
hofaansoek te steun waarin gevra word dat die US se nuwe taalbeleid tersyde gestel word.
Die mosie is op die jaarvergadering van die konvokasie deur Danie Marais van die organisasie, PEN Afrikaans, ingedien en deur ’n oorweldigende meerderheid aanvaar.
In die mosie word gevra dat die universiteit bo en behalwe voorlesings wat in Engels aangebied word, ook ’n volwaardige voorgraadse aanbod met Afrikaans as voertaal aan studente te maak.
The post US: KONVOKASIE STEUN AANSOEK TEEN NUWE TAALBELEID appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.